Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 13:9-19 Bybel vir Almal (ABA)

9. Hy het gesê: “Die mense van Juda en van die groot stad Jerusalem is trots op baie dinge, maar Ek sal al die dinge vrot laat word, soos die linne-skort.

10. Hierdie slegte volk wil nie gehoorsaam wees aan My nie, hulle is hardkoppig, hulle doen net wat hulle wil, hulle dien ander gode en buig voor die gode. Hulle het geword soos hierdie linne-skort wat ’n mens nie kan gebruik nie.

11. ’n Mens maak ’n linne-skort vas om sy heupe. Net so het Ek die hele volk Israel en die hele volk Juda aan My vasgemaak. Ek wou hê hulle moes my volk wees en Ek wou trots wees op hulle, maar hulle was ongehoorsaam.

12. Jy moet nou vir hulle sê: Die Here, die God van Israel, sê elke wynkruik moet vol wyn wees. Hulle sal vir jou sê hulle weet dat elke wynkruik vol wyn moet wees.

13. Dan moet jy vir hulle sê die Here sê: Ek sal almal in die land vol wyn maak sodat hulle dronk word, ook die konings wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en profete en almal wat in Jerusalem woon.

14. Dan sal Ek hulle teen mekaar stukkend stamp, pa’s saam met kinders. Ek sal vir niemand jammer wees nie, Ek sal hulle almal laat sterf.”Dit het die Here gesê.

15. Julle moet gehoorsaam wees en luister,julle moenie hoogmoedig wees nie,want die Here praat.

16. Julle moet julle God die Here eervoordat Hy dit donker laat word,voordat julle miskien julle tone stampteen die berge waar dit altyd donker is.Julle sal wag dat dit lig moet word,maar die Here sal dit donkerder en donkerderlaat word.

17. As julle hoogmoedig is en nie luister nie,dan sal ek alleen gaan staan en aanhou huil.Baie trane sal uit my oë kom omdat vyandedie volk van die Here gevang en weggevat het.

18. Iemand moet vir die koning en sy ma sêhulle moet afklim van hulle trone en op die grond gaan sit,want hulle sal nie meer mooi krone op hulle koppe dra nie.

19. Die vyande is rondom die stede van die Suid-land,niemand kan die mense laat uitkom nie.Die vyande het al die mense van Juda gevangen almal weggevat.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 13