Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 13:13-26-27 Bybel vir Almal (ABA)

13. Dan moet jy vir hulle sê die Here sê: Ek sal almal in die land vol wyn maak sodat hulle dronk word, ook die konings wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en profete en almal wat in Jerusalem woon.

14. Dan sal Ek hulle teen mekaar stukkend stamp, pa’s saam met kinders. Ek sal vir niemand jammer wees nie, Ek sal hulle almal laat sterf.”Dit het die Here gesê.

15. Julle moet gehoorsaam wees en luister,julle moenie hoogmoedig wees nie,want die Here praat.

16. Julle moet julle God die Here eervoordat Hy dit donker laat word,voordat julle miskien julle tone stampteen die berge waar dit altyd donker is.Julle sal wag dat dit lig moet word,maar die Here sal dit donkerder en donkerderlaat word.

17. As julle hoogmoedig is en nie luister nie,dan sal ek alleen gaan staan en aanhou huil.Baie trane sal uit my oë kom omdat vyandedie volk van die Here gevang en weggevat het.

18. Iemand moet vir die koning en sy ma sêhulle moet afklim van hulle trone en op die grond gaan sit,want hulle sal nie meer mooi krone op hulle koppe dra nie.

19. Die vyande is rondom die stede van die Suid-land,niemand kan die mense laat uitkom nie.Die vyande het al die mense van Juda gevangen almal weggevat.

20. Mense van Jerusalem, julle moet kyk,julle sal sien dat die vyandeuit die noorde kom.Waar is die mense van Juda nou?Julle moes die mense oppassoos ’n herder sy trop mooi skape en bokke oppas.Waar is daardie mense nou?

21. Wat sal julle sê wanneer die vyandemense kies en aanstel oor julle?Julle het self vir die mense geleer,wat sal julle sê as hulle nou oor júlle regeer?Julle sal skielik pyne kry soos ’n vrouwat ’n baba kry.

22. Julle vra vir julleselfhoekom dit met julle gebeur het.Dit is omdat julle baie sonde gedoen het.Julle is soos vroue,die vyande tel hulle rokke open verkrag hulle.

23. ’n Kussiet is swart en ’n luiperd het kolle,hulle kan dit nie verander nie.Net so kan julle nie verander nie,julle kan nie goed doen nie,want julle het te lank verkeerde dinge gedoen.

24. Ek sal julle na al die kante toe jaag.Dit sal wees soos wanneer die woestynwind kaf wegwaai.

25. Dit sal met julle gebeur,dit is wat Ek met julle sal doen,want julle het My vergeet.Julle het gedinkdinge wat niks beteken nie, sal julle help.

26-27. Julle het afgode gedien op die heuwels in die veld.Ek het gesien watter slegte dinge julle gedoen het.Julle was soos vroue wat egbreuk gepleeg heten prostitute geword het.Daarom sal Ek julle straf soos ’n mens hierdie vroue straf,Ek sal julle kaal uittrek sodat almal kan weet julle is sleg.Mense van Jerusalem, dit sal sleg gaan met julle.Julle sal nie weer rein kan word nie.Hoe lank sal julle so aanhou?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 13