Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 13:10-15 Bybel vir Almal (ABA)

10. Hulle koning is nou weg,hy kon hulle nie help nie,nie in een van hulle stede nie.Hulle leiers is ook weg.Die Israeliete het gesê:‘Gee vir ons ’n koningen amptenare.’

11. Ek was kwaad vir hulle,maar Ek het vir hulle’n koning gegee,en Ek het die koning weggevattoe Ek baie kwaad was.”

12. Die Here weet alleswat die mensevan Efraim gedoen het,Hy onthou al hulle sondes.

13. Hulle was soos ’n babawat gebore moes wordmaar wat te dom was om te weethoe hy uit sy mase liggaam kan kom.

14. Die Here vra:“Moet Ek nou betaalsodat hulle niein die doderyk kom nie?Moet Ek betaalsodat hulle nie sterf nie?Nee, die dood moet hulle vatsoos dorings ’n mens vashou,soos wanneer byemense doodsteekmet hulle angels.Ek is nie meerjammer vir hulle nie.”

15. Efraim is soos ’n groen plantwat mooi groei tussen die riete,maar die oostewind sal kom.Die Here sal die wind stuuruit die woestyn,en daar sal niks water oorbly nie,die fonteine sal leeg word.Die vyande sal komen hulle sal die mooi goed vat,hulle sal alles vatwat die mensebymekaargemaak het.

Lees volledige hoofstuk Hosea 13