Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 10:6-15 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hulle sal die beeld ook wegvaten hulle sal dit vir die koning van Assiriëpresent gee.Die vyande sal die mensevan Efraim spot,dan sal hulle skaam weesoor alles wat hulle wou doen.

7. Die vyande saldie stad Samaria verwoes.Die stad en sy koning sal verdwyn.Dit sal wees soos ’n stokkiewat wegdryf op die water.

8. Die vyande sal die offer-plekkein Bet-El verwoes,daar waar die mense van Israelsonde gedoen het.Dorings en bossiessal op hulle altare groei.Hulle sal vir die bergeen die heuwels sê:“Val op ons, maak ons toe!”

9. Die Here het gesê:“Die mense van Israelhet sonde gedoen,hulle het gedoen soosdie mense van Gibea,en hulle het aangehouom sonde te doen.Daar was oorlogteen die slegte mense van Gibea,

10. en wanneer Ek so besluit,dan sal Ek die mense van Israelook straf.Ek sal ander volkebymekaar laat kom teen hulleom hulle te straf,want hulle het weer en weersonde gedoen.

11. “Die mense van Efraimwas soos ’n mak jong koeiwat daarvan hou om koringop die dorsvloer te trap.Toe Ek daar verbykomen Ek sien sy het ’n sterk nek,wou Ek haar inspanvoor die ploeg. Juda en die nageslag van Jakobmoes saam die ploeg treken die grond gelyk maak.

12. “Ek het vir hulle gesê:‘Julle moet doen wat Ek wil hê,dit is die saadwat julle moet saai.Dan sal Ek lief wees vir julle,dit sal die koring weeswat julle afsny.Julle moet nou beginom op my koringland te werk.Dit is nou die tyd om te vrawat die Here wil hê.Dan sal Hy komen Hy sal dit laat reën,sodat dit goed sal gaan met julle.’

13. “Maar julle het verkeerd gedoen,dit is die saadwat julle gesaai het.Daarom gaan dit sleg met julle,dit is die oes wat julle afgesny het.Hoekom?“Omdat julle leuens vertel het.Daarom sal Ek julle straf.Julle het gedink dit sal goed gaanas julle self planne maaken baie soldate het.

14. Daar sal oorlog kom teen julle.Die vyande sal al julle stedeverwoes wat hoë mure het.Dit sal sleg gaan met jullesoos met die mensevan die stad Bet-Arbeltoe koning Salman die ma’sen hulle kinderssaam doodgeslaan het.

15. So sal dit ook gaanmet die mense van Bet-El,want hulle het baie lelikedinge gedoen.Wanneer die dag begin,dan sal Israel nie meer’n koning hê nie.”

Lees volledige hoofstuk Hosea 10