Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 8:6-14 Bybel vir Almal (ABA)

6. Jy moet my soos ’n seëlring teen jou bors druk,soos ’n seëlring om jou arm,want die liefde is so sterk soos die dood,dit is so sterk soos die doderyk,dit is ’n vuur wat warm brand.

7. Baie water kan nie die liefde laat ophou nie,riviere kan dit nie wegspoel nie.’n Mens kan nie liefde koop nie.As iemand alles wat hy in sy huis het,wil gee om liefde te koop,dan sal mense dink hy is baie dom,hulle sal vir hom lag.”

8. Die broers sê: “Ons suster is nog klein,sy het nog nie groot borste nie.Wat kan ons doen vir ons susterwanneer ’n man haar eendag wil hê?

9. As sy ’n muur was,dan kon ons ’n toring van silwerop haar gebou het,as sy ’n deur was,dan kon ons haar toegemaak hetmet seder-planke.”

10. Sy sê: “Ek ís ’n muur,en my borste is soos torings,ek maak die man vir wie ek lief is, gelukkig,en daarom word ek vir hom soos iemandwat hy oorwin het.”

11. Hy sê: “Salomo het ’n wingerd gehadin Baäl-Hamon,en hy het sy wingerd vir mense gegee,hulle moes dit oppas.Elkeen moes 1 000 stukke silwer betaalvir die druiwe.

12. Ek pas self my wingerd op.Salomo, jy kan jou 1 000 stukke silwer hou,en ook die 200 stukke silwerwat die mense moet kry wat die druiwe oppas.”

13. Hy sê: “Jy wat in die tuin woon,jou vriende wag om te hoor wat jy sê.Ek wil hoor wat jy vir my sê.”

14. Sy sê: “Man vir wie ek lief is, jy moet gou maak.Jy moet hardloop soos ’n gaselof soos ’n jong takbok op die Balsem-berge.”

Lees volledige hoofstuk Hooglied 8