Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 5:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die polisie wat in die stad loop, het my gekry,hulle het my geslaan en seergemaak,die wagte op die mure het my kopdoek afgeruk.

8. Vroue van Jerusalem, julle moet dit vir my belowe:Wanneer julle die man kry vir wie ek lief is,dan moet julle vir hom sê ek is so lief vir homdat ek siek geword het.”

9. Die vroue sê: “Mooiste van al die vroue,hoe lyk die man vir wie jy lief is?Lyk hy anders as ander mans?Jy sê ons moet dit belowe,maar hoe lyk die man vir wie jy lief is?Lyk hy anders as ander mans?”

10. Sy sê: “Die man vir wie ek lief is,se vel is lig en gesond,julle sal hom ken tussen tien duisend ander mans.

11. Sy voorkop lyk soos skoon goud,sy lang krulhare is so swart soos ’n kraai.

12. Sy oë lyk soos duiwe langs riviere,duiwe wat so wit is soos melken wat by die water sit.

13. Sy wange lyk soos ’n tuin vol kruiewat baie lekker ruik.Sy lippe lyk soos blomme, mirre drup van sy lippe af.

14. Sy arms lyk soos goud,goud waarin daar mooi klippies vassit.Sy liggaam lyk soos marmer,marmer waarin daar saffiere vassit.

15. Sy bene lyk soos marmer-pilarewat op goue voetstukke staan.Hy lyk soos die Libanon-bergwaar die beste sederbome groei.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 5