Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 5:5-11 Bybel vir Almal (ABA)

5. Ek het opgestaan om die deur oop te maakvir die man vir wie ek lief is.Toe my hande aan die deur se slot raak,het die mirre afgedrup van my hande,het die mirre afgeloop van my vingers.

6. Ek het die deur oopgemaak vir die manvir wie ek lief is,maar toe was hy nie daar nie, hy was weg!Ek het gedink ek sal hom volg,ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gekry nie,ek het hom geroep, maar hy het nie geantwoord nie.

7. Die polisie wat in die stad loop, het my gekry,hulle het my geslaan en seergemaak,die wagte op die mure het my kopdoek afgeruk.

8. Vroue van Jerusalem, julle moet dit vir my belowe:Wanneer julle die man kry vir wie ek lief is,dan moet julle vir hom sê ek is so lief vir homdat ek siek geword het.”

9. Die vroue sê: “Mooiste van al die vroue,hoe lyk die man vir wie jy lief is?Lyk hy anders as ander mans?Jy sê ons moet dit belowe,maar hoe lyk die man vir wie jy lief is?Lyk hy anders as ander mans?”

10. Sy sê: “Die man vir wie ek lief is,se vel is lig en gesond,julle sal hom ken tussen tien duisend ander mans.

11. Sy voorkop lyk soos skoon goud,sy lang krulhare is so swart soos ’n kraai.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 5