Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 3:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. Toe ek by hulle verbygeloop het,het ek die man gekry vir wie ek lief is.Ek het hom vasgehou, ek het hom nie gelos nietotdat ek hom na my ma se huis gebring het,na die kamer waar ek gebore is.

5. Vroue van Jerusalem, julle moet vir my belowe,en die gaselle en die takbokke in die veldmoet die getuies wees,julle moet belowe dat julle ons nie sal wakker maaken nie sal pla nie.Ons is lief vir mekaar en ons sal self besluitwat om te doen.”

6. Hy sê: “Wie is sy wat daar uit die woestyn komsoos ’n rookwolk?’n Mens kan die mirre en die wierook ruik,en al die goed wat lekker ruikwat die handelaars verkoop.

7. Kyk, dit is die dra-stoel van koning Salomo!Daar is 60 spesiale manne rondom die dra-stoel,dit is 60 van die spesiale manne van Israel.

8. Elke man het ’n swaard, hy weet hoe om oorlog te maak,elke man dra sy swaard langs sy heup,elke man is gereed vir die gevaarlike dinge in die nag.

9. Koning Salomo het sy troon laat maakvan hout uit die Libanon-berg.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 3