Ou Testament

Nuwe Testament

Haggai 1:11-15 Bybel vir Almal (ABA)

11. Ek het droogte gestuur oor die land en oor die berge en oor die koring, die wyn en die olie. Ek het droogte gestuur oor alles wat in die grond groei, ook oor die mense en oor die diere, oor al die werk van die mense.”

12. Serubbabel en die hoëpriester Jesua en al die mense wat nog gelewe het, het gehoor wat hulle God die Here gesê het. Hulle het die boodskap gehoor wat die profeet Haggai vir hulle gebring het. Die volk het toe bang geword vir die Here.

13. Haggai het ’n boodskap van die Here vir die volk gebring en gesê: “Ek is by julle, sê die Here.”

14. Die Here het hulle harte verander. Toe wou Serubbabel, die goewerneur van Juda, en Jesua, die hoëpriester, en almal wat nog gelewe het, die werk graag doen. Hulle het gekom en hulle het die tempel begin bou, die tempel van hulle God die Here wat oor alles regeer.

15. Dit was op die 24ste dag van die sesde maand in die tweede jaar nadat Darius koning geword het.

Lees volledige hoofstuk Haggai 1