Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 50:16-26 Bybel vir Almal (ABA)

16. Hulle stuur toe ’n boodskap vir Josef en sê vir hom: “Pa het voor sy dood gesê

17. ons moet jou vra om ons te vergewe. Ons het ’n baie verkeerde ding gedoen teen jou. Ons het groot sonde gedoen. Daarom, Josef, vergewe asseblief die verkeerde ding wat ons gedoen het. Ons is ook dienaars van jou pa se God.”Josef het gehuil toe hulle dit vir hom sê.

18. Sy broers kom toe self en buig voor Josef en hulle sê: “Hier is ons. Ons is jou slawe.”

19. Maar Josef het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie, ek is nie God nie.

20. Julle het slegte planne gemaak teen my, maar God het dit verander en Hy het dit ’n goeie plan gemaak. Hy het julle plan gebruik om baie mense se lewens te red, tot vandag toe.

21. Julle moenie nou bang wees nie. Ek sal vir julle en julle kinders sorg.”Josef was baie vriendelik met sy broers en hy het mooi met hulle gepraat. Toe was hulle nie meer bang nie.

22. Josef het in Egipte gebly, hy en sy pa se familie. Hy het 110 jaar oud geword.

23. Josef het lank gelewe en hy het Efraim se kinders en kleinkinders gesien. Hy het ook die kinders van Makir, Manasse se seun, aangeneem. Hulle was soos sy eie kinders.

24. Later het Josef vir sy broers gesê: “Ek sal nou sterf, maar God sal aan julle dink, Hy sal julle uit hierdie land laat wegtrek na die land wat Hy vir Abraham, Isak en Jakob belowe het.”

25. Josef het gesê sy familie moet belowe dat hulle sy liggaam sal saamneem wanneer hulle uit Egipte terugtrek na Kanaän.

26. Josef het 110 jaar oud geword en toe het hy gesterf. Hulle het sy lyk gebalsem en hulle het dit daar in Egipte in ’n kis gesit.

Lees volledige hoofstuk Genesis 50