Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:11-22 Bybel vir Almal (ABA)

11. Jakob sê toe vir Josef: “Ek het gedink dat ek jou nie weer sal sien nie. Maar God was baie goed vir my, en ek het ook jou nageslag gesien.”

12. Josef het sy twee seuns van Jakob se skoot afgetel, en hy het laag op die grond gebuig.

13. Josef laat toe sy twee seuns voor Jakob staan. Hy neem vir Efraim met sy regter-hand sodat hy links langs Jakob staan, en hy neem vir Manasse met sy linker-hand sodat hy regs langs Jakob staan. Hy bring hulle toe nader na Jakob toe.

14. Maar Jakob het sy arms gekruis. Hy het sy regter-hand op Efraim se kop gesit. Efraim het links langs Jakob gestaan, want hy was die jongste. En Jakob het sy linker-hand op Manasse se kop gesit. Manasse het regs langs Jakob gestaan, want hy was die oudste.

15. Jakob het Josef se nageslag geseën en gesê:“My oupa Abraham en my pa Isakhet God gedienen hulle was gehoorsaamaan Hom.God was ook my Herdermy hele lewe lank,tot vandag toe.

16. Hy was die Engelwat my verlos hetuit al die gevaarwaarin ek was.Hy is die God wat die seunssal seën,sodat my naam,en ook die naam van my voorvaders Abraham en Isak,sal aanhou lewe.God sal hulle seënsodat hulle ’n groot volksal word in hierdie land.”

17. Toe Josef sien dat sy pa sy regter-hand op Efraim se kop sit, het hy gedink dit is verkeerd. Hy neem toe sy pa se regter-hand en probeer om dit op Manasse se kop te sit.

18. Josef het vir sy pa gesê: “Nee, Pa. Manasse is die oudste, sit jou regter-hand op sý kop.”

19. Maar sy pa het geweier, hy het gesê: “Ek weet, my seun. Manasse sal ook ’n groot nageslag hê en hulle sal ’n groot volk word. Maar sy jonger broer sal ’n groter nageslag as hy hê. Efraim se nageslag sal ’n groot, sterk volk word.”

20. Jakob het Josef se twee seuns daardie dag geseën en gesê: “Dit sal baie goed gaan met julle. Wanneer die mense van Israel vir mekaar wil sê hulle hoop dit sal goed gaan, dan sal hulle julle name gebruik en sê: ‘Ek bid dat God dit met jou so goed sal laat gaan soos met Efraim en Manasse.’ ”So het Jakob vir Efraim belangriker gemaak as vir Manasse.

21. Jakob het vir Josef gesê: “Ek sal nou sterf, maar God sal by julle wees en Hy sal julle terugbring na die land van julle voorvaders.

22. Ek gee nou vir jou meer as vir jou broers. Ek gee Sigem vir jou. Ek het daardie stad self gevat van die Amoriete met my swaard en my pyl en boog.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 48