Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 4:2-10 Bybel vir Almal (ABA)

2. Later het sy weer ’n seun gekry. Sy naam was Abel, en hy was Kain se broer. Abel het met skape en bokke geboer. Kain was ook ’n boer, hy het koring gesaai.

3. Eendag het Kain van sy koring geneem en hy het ’n offer vir die Here gebring.

4. Abel het ook ’n offer vir die Here gebring. Hy het die eerste lammers vir die Here gegee en die lammers se vet ge-offer. Die Here was tevrede met Abel en sy offer.

5. Maar die Here was nie tevrede met Kain en sy offer nie. Kain het toe baie kwaad geword en sy mond was dik.

6. Die Here vra toe vir Kain: “Hoekom is jy kwaad en hoekom is jou mond dik?

7. As jy doen wat reg is, dan sal jy gelukkig wees. Maar as jy doen wat verkeerd is, dan doen jy sonde. Die sonde is altyd naby jou en wil jou vang, maar jy moet die sonde oorwin.”

8. Kain het vir sy broer Abel gesê: “Kom ons gaan veld toe.”Toe hulle in die veld was, het Kain sy broer Abel vermoor.

9. Toe vra die Here: “Kain, waar is jou broer Abel?”En Kain antwoord: “Ek weet nie. Ek pas nie my broer op nie.”

10. Die Here sê toe vir Kain: “Wat het jy gedoen? Jy het jou broer doodgemaak en sy bloed het op die grond geval. Daardie bloed roep My en vra My om jou te straf.

Lees volledige hoofstuk Genesis 4