Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 34:25-31 Bybel vir Almal (ABA)

25. Drie dae later, toe dit nog baie seer was nadat die mans hulle laat besny het, het Jakob se seuns Simeon en Levi, die broers van Dina, hulle swaarde gevat en hulle het na Sigem se stad gegaan. Hulle het maklik in die stad ingekom, niemand het hulle gekeer nie. Hulle het al die mans doodgemaak.

26. Hulle het ook vir Gamor en sy seun Sigem doodgesteek. Hulle het vir Dina uit Sigem se huis gevat en weggegaan.

27. Jakob se seuns het by die dooie mans verbygegaan en hulle het al die goed van die mense in die stad gevat omdat Sigem hulle suster verkrag het.

28. Hulle het die skape en die bokke, die beeste en die donkies gevat, alles wat in die stad en in die veld was.

29. Simeon en Levi het al die goed gevat wat in die huise was, ook al die kinders en vroue. Hulle het alles saam met hulle weggevat.

30. Jakob het vir Simeon en vir Levi gesê: “Julle het nou vir my groot probleme gemaak. Ek moet nou skaam wees voor die mense van hierdie land, die Kanaäniete en die Feresiete. Ons is min, en as die mense van die land almal saamwerk, dan sal hulle ons oorwin en doodmaak, vir my en my huisgesin.”

31. Maar Simeon en Levi het geantwoord: “Hy moes nie dinge aan ons suster gedoen het wat iemand aan ’n slegte vrou doen nie.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 34