Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 3:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die slang was slimmer en skelmer as al die wilde diere wat die Here God gemaak het. Die slang het vir die vrou gevra: “Is dit waar? Het God gesê julle mag niks van die bome in die tuin se vrugte eet nie?”

2. Die vrou sê toe vir die slang: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin,

3. maar God het gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie. Hy het gesê ons mag nie daaraan raak nie, want dan sal ons sterf.”

4. Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal nie sterf nie. Dit is seker.

5. God het dit gesê omdat Hy weet dat as julle daarvan eet, dan sal julle alles verstaan. Julle sal soos God word en julle sal weet wat is goed en wat is sleg.”

6. Die vrou het toe gekyk en gesien sy kan van die boom se vrugte eet, en dit lyk baie lekker. Sy het nou geweet die vrugte sal haar slim maak. Sy het van die vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man daarvan gegee, en hy het ook geëet.

7. Toe verstaan hulle alles, en hulle besef hulle is kaal. Hulle het vyeblare aanmekaar vasgewerk en hulle het daarvan kort rokke vir hulleself gemaak.

8. Die mens en sy vrou het gehoor die Here God loop in die tuin. Dit was aand, en die wind het gewaai. Die mens en sy vrou het toe vir die Here God weggekruip tussen die bome in die tuin.

9. Toe roep die Here God die mens en Hy vra vir hom: “Waar is jy?”

10. Die mens het geantwoord: “Ek het gehoor U is in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe kruip ek weg.”

11. Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het vir jou gesê jy is kaal? Het jy geëet van die vrugte wat Ek gesê het jy mag nie eet nie?”

Lees volledige hoofstuk Genesis 3