Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 29:24-32 Bybel vir Almal (ABA)

24. Laban het sy slavin Silpa vir sy dogter Lea gegee.

25. Die volgende oggend het Jakob gesien dit is Lea wat sy vrou geword het. Toe sê hy vir Laban: “Wat het jy aan my gedoen? Ek het by jou gewerk om vir Ragel te kry. Hoekom het jy my bedrieg?”

26. Toe sê Laban: “Hier by ons laat ons nie die jongste dogter voor die oudste trou nie.

27. Wanneer hierdie week verby is, dan sal ek my jongste dogter ook vir jou gee, maar dan moet jy nog sewe jaar vir my werk.”

28. Jakob het gedoen wat Laban gevra het. Jakob het gewag totdat die week verby was. Toe gee Laban sy dogter Ragel vir Jakob en sy het ook Jakob se vrou geword.

29. Laban het sy slavin Bilha vir sy dogter Ragel gegee.

30. Jakob het ook met Ragel seks gehad, en hy was meer lief vir Ragel as vir Lea. Hy het nog sewe jaar lank vir Laban gewerk.

31. Die Here het gesien dat Jakob minder lief is vir Lea as vir Ragel. Die Here het vir Lea kinders gegee, maar Ragel kon nie kinders kry nie.

32. Lea het swanger geword en sy het ’n seun gekry. Sy het hom Ruben genoem. Sy het gesê: “Die Here het gesien dat ek swaarkry. Nou sal my man vir my ook lief wees.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 29