Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 29:10-24 Bybel vir Almal (ABA)

10. Jakob het sy oom Laban se dogter Ragel gesien met Laban se skape en bokke. Hy het na die put gegaan en hy het die klip afgerol. Hy het vir sy oom Laban se skape en bokke water gegee.

11. Jakob het vir Ragel gesoen en hy het begin huil.

12. Hy het vir Ragel vertel dat hy familie is van haar pa, en dat hy Rebekka se seun is. Ragel hardloop toe huis toe en vertel dit vir haar pa.

13. Toe Laban hoor van sy suster se seun Jakob, hardloop hy na hom toe en omhels hom en soen hom. Laban het hom na sy huis gebring en Jakob het vir Laban alles vertel.

14. Laban het vir hom gesê: “Ons is familie.”Jakob het ’n maand lank by hom gebly.

15. Toe sê Laban vir Jakob: “Jy is familie van my, maar jy moenie vir my verniet werk nie. Sê vir my wat ek jou moet betaal.”

16. Laban het twee dogters gehad. Die oudste dogter was Lea, en die jongste was Ragel.

17. Lea se oë was nie mooi nie, maar Ragel was ’n baie mooi vrou.

18. Jakob het verlief geraak op Ragel. Hy sê toe vir Laban: “Ek sal sewe jaar vir jou werk om jou jongste dogter Ragel te kry.”

19. Laban het gesê: “Goed. Dit is beter dat ek haar vir jóú gee as vir ’n ander man. Jy mag hier by my woon.”

20. Jakob het sewe jaar lank gewerk om Ragel te kry, maar dit het vir hom so kort gevoel soos ’n paar dae, want hy was baie lief vir haar.

21. Ná die sewe jaar sê Jakob vir Laban: “Gee nou my vrou vir my, want die sewe jaar is verby en ek wil met haar trou.”

22. Laban het al die mense van daardie plek bymekaargemaak en hulle het ’n groot fees gehou.

23. Maar daardie aand het Laban sy dogter Lea vir Jakob gegee. Jakob het seks gehad met Lea.

24. Laban het sy slavin Silpa vir sy dogter Lea gegee.

Lees volledige hoofstuk Genesis 29