Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:3-14 Bybel vir Almal (ABA)

3. en belowe voor die Here, die God van die hemel en die aarde. Belowe dat jy nie my seun sal laat trou met ’n dogter van die Kanaäniete tussen wie ek woon nie.

4. Belowe dat jy na my eie land en my familie sal gaan en dat jy daar vir my seun Isak ’n vrou sal gaan haal.”

5. Toe sê die slaaf vir Abraham: “Maar miskien sal die vrou nie saam met my na hierdie land wil kom nie. Moet ek dan jou seun laat teruggaan na Mesopotamië, die land van waar jy kom?”

6. Abraham het vir die slaaf gesê: “Jy moet nooit my seun na daardie land laat teruggaan nie.

7. Die Here, die God van die hemel wat my uit my pa se familie en uit my geboorteland laat trek het, het met my gepraat en Hy het vir my belowe: ‘Ek sal hierdie land vir jou nageslag gee.’ Die Here sal sy engel stuur en jy sal hom volg, sodat jy vir my seun daar in my eie land ’n vrou kan kry.

8. As die vrou nie saam met jou wil kom nie, dan kan jy nie doen wat jy belowe het nie. Maar jy moet nooit my seun daarnatoe laat teruggaan nie.”

9. Die slaaf sit toe sy hand onder sy eienaar Abraham se heup en hy belowe dat hy sal doen wat Abraham gevra het.

10. Die slaaf neem toe tien kamele van sy eienaar en hy gaan. Hy het baie presente van Abraham saamgeneem. Hy het na die land Mesopotamië gegaan, na die stad waar Nahor gewoon het.

11. Een middag laat het die slaaf die kamele laat rus by ’n fontein buite die stad. Dit was die tyd wanneer die meisies elke dag water kom haal het.

12. Die slaaf het gebid: “Here, God van my eienaar Abraham, U moet asseblief vandag ’n goeie ding met my laat gebeur en U moet goed wees vir my eienaar Abraham.

13. Kyk, ek staan hier by die fontein, en die meisies kom uit die stad om water te kom skep.

14. Ek sal vir ’n meisie vra: ‘Hou asseblief jou waterkruik sodat ek kan drink.’ As sy dan sê: ‘Jy mag drink, en ek sal jou kamele ook laat drink,’ dan sal ek weet U het haar gekies vir u dienaar Isak. Dan sal ek ook weet dat U doen wat U vir my eienaar belowe het.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 24