Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 21:22-34 Bybel vir Almal (ABA)

22. In daardie tyd het koning Abimelek en Pikol, die hoof van sy leër, vir Abraham gesê: “God help jou met alles wat jy doen.

23. Jy moet nou belowe dat jy nie vals sal wees teen my of teen my kinders of my nageslag nie. Ek was vriendelik met jou, en jy moet ook vriendelik wees met my en met hierdie land waar jy ’n vreemdeling is.”

24. Abraham het gesê: “Ek belowe.”

25. Later het Abimelek se manne ’n put van Abraham vir hulleself gevat. Abraham het by Abimelek daaroor gekla.

26. Maar Abimelek het gesê: “Ek weet nie wie dit gedoen het nie. Jy het ook nie voorheen vir my daarvan vertel nie. Ek het vandag die eerste maal daarvan gehoor.”

27. Abraham neem toe skape, bokke en beeste, en hy gee dit vir Abimelek. So het hulle twee ’n ooreenkoms gemaak.

28. Maar Abraham het sewe skaap-lammers apart gehou,

29. en Abimelek het vir Abraham gevra: “Wat wil jy doen met daardie sewe lammers wat jy apart gehou het?”

30. Abraham het geantwoord: “Jy moet hierdie sewe lammers van my neem. As jy dit neem, dan sal dit beteken jy weet dat dit ek is wat hierdie put gegrawe het, nie jou manne nie.”

31. Daarom noem hulle die plek Berseba, want hulle twee het daar ’n ooreenkoms gemaak. Hulle het belowe dat hulle nie die ooreenkoms sal breek nie.

32. Nadat hulle die ooreenkoms by Berseba gemaak het, het Abimelek en Pikol, die hoof van sy leër, teruggegaan na die Filistyne se land.

33. Abraham het ’n tamariskboom by Berseba geplant. Hy het die Here, die ewige God, aanbid.

34. Abraham het lank in die Filistyne se land gewoon. Hulle het hom toegelaat om daar te woon.

Lees volledige hoofstuk Genesis 21