Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 15:8-18 Bybel vir Almal (ABA)

8. Toe vra Abram: “Here, my Here, hoe kan ek seker wees dat hierdie land myne sal wees?”

9. En die Here sê vir hom: “Bring vir My ’n vers-kalf en ’n bok en ’n skaap-ram, almal drie jaar oud. Bring ook ’n tortelduif en ’n ander duif.”

10. Abram het dit alles vir die Here gebring. Hy het die diere middeldeur gesny, en hy het die een helfte van elke dier oorkant die ander helfte neergesit. Maar die voëls het hy nie middeldeur gesny nie.

11. Die aasvoëls het gekom om die dooie diere te vreet, maar Abram het hulle weggejaag.

12. Toe die son ondergaan, het dit baie donker geword, en Abram het bang geword. Maar daarna het hy baie vas geslaap.

13. Toe sê die Here vir Abram: “Jou nageslag sal gaan woon in ’n land wat nie hulle eie land sal wees nie. Hulle sal vreemdelinge wees, maar hulle sal slawe wees, en die mense sal hulle 400 jaar lank verdruk. Dit is seker.

14. Maar Ek sal die volk straf wat hulle slawe laat word het. Daarna sal jou nageslag weggaan en hulle sal baie goed hê.

15. Met jou sal dit goed gaan totdat jy sterf en jy sal oud wees wanneer hulle jou begrawe.

16. In die vierde geslag sal jou nageslag weer terugkom na hierdie land. Dan sal dit die regte tyd wees om die Amoriete te straf oor hulle baie sonde.”

17. Die son het ondergegaan en dit het donker geword. Daar kom toe vuurvlamme en rook wat deurgaan tussen die stukke vleis van die diere wat geslag is.

18. Daardie dag het die Here ’n verbond gemaak met Abram. Die Here het vir Abram belowe:“Ek gee vir jou nageslaghierdie land,van die Egipte-spruit tot bydie groot Eufraat-rivier.

Lees volledige hoofstuk Genesis 15