Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 15:3-10 Bybel vir Almal (ABA)

3. U het nie vir my ’n nageslag gegee nie, en daarom sal een van my slawe alles erf wat ek het.”

4. Toe praat die Here weer met Abram en Hy sê vir hom: “Nee, dit is nie ’n slaaf wat al jou goed sal erf nie. Net jou eie seun sal jou goed erf.”

5. Die Here het vir Abram buitetoe geneem en vir hom gesê: “Kyk na die lug en probeer om al die sterre te tel. Jou nageslag sal so baie wees.”

6. Abram het die Here geglo, en daarom was die Here tevrede met hom.

7. Die Here het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou laat wegtrek het uit Ur, die stad in die land van die Galdeërs. Ek het jou hiernatoe gebring, want Ek wil hierdie land vir jou gee. Hierdie land sal aan jou behoort.”

8. Toe vra Abram: “Here, my Here, hoe kan ek seker wees dat hierdie land myne sal wees?”

9. En die Here sê vir hom: “Bring vir My ’n vers-kalf en ’n bok en ’n skaap-ram, almal drie jaar oud. Bring ook ’n tortelduif en ’n ander duif.”

10. Abram het dit alles vir die Here gebring. Hy het die diere middeldeur gesny, en hy het die een helfte van elke dier oorkant die ander helfte neergesit. Maar die voëls het hy nie middeldeur gesny nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 15