Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 14:14-20 Bybel vir Almal (ABA)

14. Toe Abram hoor die vier konings het vir Lot gevang en weggevat, het hy vir 318 van sy slawe wapens gegee. Hulle het die vier konings gevolg en gejaag tot by die stad Dan.

15. Daar het Abram en sy manne die konings in die nag van verskillende kante aangeval en oorwin. Hulle het die konings gevolg en gejaag tot by die stad Goba, noord van Damaskus.

16. Abram het al hulle goed teruggebring. Hy het ook sy broer se seun Lot en sy goed teruggebring, ook die vroue en die ander mense.

17. Nadat Abram vir koning Kedorlaomer en die ander drie konings oorwin het, het hy teruggekom. Die koning van Sodom het hom kom ontmoet in die Sawe-vallei. Die vallei se ander naam was die Koning-vallei.

18. Melgisedek, die koning van Salem, was ’n priester van die Hoogste God. Hy het vir Abram brood en wyn gebring.

19. Hy het Abram geseën en gesê:“Abram, die Hoogste Godwat die hemel en die aardegemaak het, seën jou.

20. Ek prys die Hoogste God,want Hy het jou gehelpom jou vyande te oorwin.”Abram het toe vir Melgisedek een tiende gegee van alles wat hy teruggebring het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 14