Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 9:1-7-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit was in die twaalfde maand, die maand Adar, op die 13de dag van die maand. Die mense het gehoor wat die koning besluit het. Die vyande van die Judeërs het gehoop dat hulle op daardie dag die Judeërs sal oorwin, maar dit het nie gebeur nie, die Judeërs het toe die mense aangeval, hulle het die mense oorwin wat vir hulle gehaat het.

2. Die Judeërs het bymekaargekom in al hulle stede in die provinsies van koning Ahasveros. Hulle het die mense aangeval wat wou hê dat dit sleg moet gaan met die Judeërs, en niemand kon hulle keer nie, want al die mense was bang vir hulle.

3. Al die amptenare in die provinsies en die hoof-amptenare en die goewerneurs, almal wat vir die koning gewerk het, het vir die Judeërs gehelp, want hulle was bang vir Mordegai.

4. Dit was omdat Mordegai die belangrikste amptenaar in die paleis geword het. Die mense in al die provinsies het geweet van hom. Mordegai het meer en meer belangrik geword.

5. Die Jode het hulle vyande aangeval en hulle het almal doodgemaak, hulle het gedoen wat hulle wil met die mense wat vir hulle gehaat het.

6. Die Judeërs het 500 mense in die stad Susan doodgemaak.

7-10. Hulle het ook die tien seuns van Haman doodgemaak. Die seuns was Parsandata, Dalfon, Aspata, Porata, Adalja, Aridata, Parmasta, Arisai, Aridai en Wajesata. Haman was die seun van Hammedata, hy was die vyand van die Judeërs. Maar die Judeërs het nie hulle vyande se goed vir hulleself gevat nie.

Lees volledige hoofstuk Ester 9