Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 5:13-17 Bybel vir Almal (ABA)

13. Maar in die eerste jaar nadat Kores koning van Babel geword het, het hy gesê ons moet hierdie tempel weer bou.

14. Koning Kores het ook die goue goed en silwergoed teruggegee wat Nebukadnesar weggevat het uit die tempel in Jerusalem. Nebukadnesar het die goed in sy god se tempel in Babel gesit. Koning Kores het dit weggevat uit daardie tempel in Babel en hy het dit vir Sesbassar gegee. Sesbassar was die man wat hy gekies het om goewerneur van Juda te wees.

15. Kores het vir Sesbassar gesê: ‘Neem hierdie goed en gaan sit dit in die tempel in Jerusalem. En jy moet kyk dat mense die tempel weer bou waar dit gestaan het.’

16. Hierdie Sesbassar het toe gekom en hy het die fondamente van die tempel gebou. Van daardie tyd af bou ons die tempel, maar ons is nog nie klaar nie.”

17. As die koning wil, dan moet jy nou iemand stuur om te kyk in die stoorkamers van die koning daar in Babel, hy moet kyk of dit waar is dat koning Kores gesê het hulle moet die tempel in Jerusalem weer bou, en dan moet jy vir ons laat weet wat jy besluit het.

Lees volledige hoofstuk Esra 5