Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 10:15-21 Bybel vir Almal (ABA)

15. Net Jonatan seun van Asael en Jagseja seun van Tikwa wou dit nie doen nie, en Mesullam en die Leviet Sabbetai wou ook nie.

16. Maar die mense wat teruggekom het uit Babel, het gedoen wat hulle besluit het. Die priester Esra het manne gekies. Hulle was familiehoofde, Esra het hulle name genoem. Hulle het saamgekom op die eerste dag van die tiende maand om die werk te doen,

17. en op die eerste dag van die eerste maand van die volgende jaar het hulle die laaste van die mans wat getrou het met vroue wat nie Israeliete is nie, van hulle vroue laat skei.

18. Daar was ook priesters wat getrou het met vroue wat nie Israeliete is nie:Van die familie van Jesua seun van Josadak en sy broers was daar Maäseja en Eliëser en Jarib en Gedalja.

19. Hulle het belowe om hulle vroue te laat weggaan, en elkeen het ’n skaap-ram of bok-ram gegee om ’n skuld-offer te wees.

20. Van die Immer-familie was daar Ganani en Sebadja.

21. Van die Garim-familie was daar Maäseja, Elia, Semaja, Jegiël en Usija.

Lees volledige hoofstuk Esra 10