Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 1:4-11 Bybel vir Almal (ABA)

4. Daar is plekke waar daar nog Judeërs woon. Die mense van daardie plekke moet die Judeërs help. Hulle moet vir die Judeërs silwer en goud en goed en diere present gee, en ook ander dinge wat hulle self wil gee vir die tempel in Jerusalem.

5. Die familiehoofde van Juda en Benjamin, die priesters en Leviete, het toe gereedgemaak. God het ook ander mense laat besluit om die tempel in Jerusalem weer te gaan bou, en hulle het ook gereedgemaak om te gaan.

6. Al die bure van die Israeliete het vir hulle silwergoed en goue goed gegee, en ander goed en diere en kosbare presente, en ook nog enige iets wat hulle self besluit het om te gee.

7. Koning Kores het die gereedskap van die tempel uitgehaal. Nebukadnesar het dit voorheen uit Jerusalem gebring en in die tempel van sy gode gesit.

8. Koning Kores van Persië het die goed vir Mitredat gegee. Mitredat was die man wat met die geld gewerk het. Hy het alles getel en hy het dit vir Sesbassar, die leier van die Juda-stam, gegee.

9. Hier is ’n lys van die goed wat hy gegee het:30 goue skottels, 1 000 silwer skottels, nog 29 ander skottels,

10. 30 goue bakke, 410 silwer bakke, en 1 000 ander stukke gereedskap.

11. Daar was alles saam 5 400 goue goed en silwergoed. Sesbassar het alles saamgeneem toe hy die Judeërs uit Babel na Jerusalem gebring het.

Lees volledige hoofstuk Esra 1