Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 1:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het voorheen vir Jeremia gestuur om te sê dat iets sal gebeur, en dit het nou gebeur. Dit was in die eerste jaar nadat Kores die koning van Persië geword het. Die Here het vir Kores laat besluit om ’n boodskap te stuur na al die mense in die lande waar hy koning was. Hy het die boodskap ook in briewe geskryf en dit gestuur. Hy het gesê:

2. Koning Kores van Persië sê: Die Here, die God van die hemel, het vir my al die lande op die aarde gegee en Hy het vir my gesê ek moet ’n tempel laat bou in die stad Jerusalem in die land Juda.

3. Al die mense van die Here mag teruggaan na Jerusalem. Ek bid dat hulle God die Here by hulle sal wees. Hulle mag teruggaan en hulle mag die tempel van die Here weer bou, die tempel van die Here, die God van Israel. Die Here is die God wat in Jerusalem is.

Lees volledige hoofstuk Esra 1