Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 9:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die Here het vir die mans gesê: “Julle moet die tempel ontwy en julle moet die oop stukke grond vol lyke maak. Dan moet julle verder gaan.”Hulle het verder gegaan en hulle het die mense in die stad doodgemaak.

8. Terwyl hulle besig was om die mense dood te maak, het ek alleen agtergebly. Ek het gaan lê met my gesig teen die grond. Ek het geskree: “Ag, Here, my Here, wil U al die Israeliete doodmaak wat nog lewe? Wil U hulle straf omdat U nou so kwaad is vir die mense van Jerusalem?”

9. Die Here het vir my gesê: “Die mense van Israel en Juda het baie groot sonde gedoen, baie. Hulle het mense vermoor in die hele land en hulle het mense in die stad verkeerd ge-oordeel. Hulle het dit gedoen omdat hulle dink die Here het die stad gelos en hulle dink Hy sien nie wat hulle doen nie.

10. Nou sal Ek hulle nie vergewe nie en Ek sal nie jammer wees vir hulle nie. Ek sal hulle straf oor die dinge wat hulle gedoen het.”

11. En toe stuur die man wat die linne-klere aan het en wat die skrywer-sakkie aan sy belt het, ’n boodskap. Hy het gesê: “Ek het gedoen wat U vir my gesê het.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 9