Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 9:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het gehoor die Here praat baie hard. Hy het gesê: “Die straf vir die mense van die stad sal nou begin. Elkeen moet die wapens neem waarmee hy die mense in die stad moet doodmaak.”

2. En toe kom daar ses mans van die boonste poort, die poort wat noord is, en in elke man se hand was die wapens waarmee hy die mense moet doodmaak. Saam met hulle was ’n man wat linne-klere aangehad het, en daar was ’n skrywer-sakkie aan sy belt. Die mans het langs die brons-altaar kom staan.

3. Die lig om die Koning, die God van Israel, was op die gerub. Dit het toe opgegaan van die gerub, en dit het gestop by die drumpel van die tempel. Die Here het hard gepraat met die man wat die linne-klere aan het en wat die skrywer-sakkie aan sy belt het.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 9