Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 7:11-15 Bybel vir Almal (ABA)

11. Hulle het slegte dinge gedoenaan menseen hulle het sleg regeer.Hulle het gesê niemand mag klaoor hulle nie.Daar sal niks oorbly van hulle almal nie,niks van alles wat hulle gesê het nie.

12. Die tyd het gekom, die dag is hier.Mense wat koop, moenie bly wees nie,en mense wat verkoop,moenie jammer wees nie,want die Here sal hulle almal straf.

13. Want die mense wat verkoop het,sal nie die goed terugkrywat hulle verkoop het nie,ook nie as hulle en die mensewat gekoop het,nog almal lewe nie.Ek het vir die profeet gewyswat met hulle almal sal gebeur,en dit sál gebeur.Hulle het verkeerd gedoenen hulle sal nie aanhou lewe nie.

14. Hulle het die ramshoring geblaasen alles gereedgemaak,maar niemand sal oorlog kan maak nie,want Ek is kwaad en Ek sal hulle straf.

15. Buite sal daar oorlog wees,in die huise sal daar pes en honger wees.Mense wat in die veld is,sal sterf in die oorlog.Mense wat in die stad is,sal sterf van die pesen van honger.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 7