Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 48:10-19 Bybel vir Almal (ABA)

10. “Julle moet die gewyde grond só verdeel: Die priesters kry die grond by die noordekant. Die grond moet 25 000 el wees van oos na wes, en 10 000 el van noord na suid. Die gewyde plek van die Here moet op hierdie grond wees.

11. Hierdie grond moet die gewyde priesters se grond wees. Hulle is die nageslag van Sadok. Hulle het aangehou om vir My te werk en hulle het nie verkeerd gedoen soos die Israeliete nie. Dit is die Leviete wat verkeerd gedoen het.

12. Die priesters se grond is ’n present, dit is ’n stuk van die grond wat julle vir die Here moet gee, en dit is hoog-gewyd. Dit is langs die Leviete se grond.

13. Die Leviete kry die grond langs die priesters se grond, dit is 25 000 el lank en 10 000 el breed.

14. Niemand mag van hierdie grond verkoop of ruil of vir ander mense gee nie. Dit is die beste grond in die land en dit is gewy aan die Here.

15. “Die stuk grond wat oorbly, is 5 000 el breed en 25 000 el lank. Dit is vir die gewone mense van die stad, hulle moet daar woon en hulle diere moet daar wei. Die stad moet in die middel van hierdie grond wees.

16. Die stad moet vierkantig wees, dit moet 4 500 el lank en 4 500 el breed wees.

17. Daar moet ’n oop stuk grond rondom die stad wees, dit moet 250 el breed wees.

18. Oos en wes van die stad is daar dan twee stukke grond wat oorbly langs die grond wat julle vir die Here moet gee. Elke stuk grond is 10 000 el lank. Die mense moet daar plant en saai sodat die mense wat in die stad werk, kos kan hê.

19. Enige iemand wat in die stad werk, mag op hierdie grond plant en saai, dit maak nie saak van watter stam hy kom nie.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 48