Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 31:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met my gepraat. Dit was in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste dag van die maand. Ek het gehoor die Here sê vir my:

2. “Mens, jy moet vir die farao en vir al sy soldate sê:“Wie was so belangrik soos jy?Niemand.

3. Kyk na Assirië.Assirië was soos ’n sederboomop die Libanon-berg.Die boom het mooi takke gehaden baie blare.Die boom was hoog en sy boonste puntwas tussen die wolke.

4. Daar was baie water by die sederboom.Die water het die boom groot laat word.Die diep water het hom hoog laat groeien dit het strome water laat vloeirondom die plekwaar die boom gegroei het.Die strome water het gevloeina al die bome.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 31