Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 3:21-27 Bybel vir Almal (ABA)

21. En jy? Wanneer jy die mens wat reg gelewe het, gewaarsku het om nie sonde te doen nie, en hy doen nie sonde nie, dan sal hy aanhou lewe, dit is seker. Hy sal aanhou lewe, want jy het hom gewaarsku en hy het geluister. En jy het dan jou eie lewe gered.”

22. Ek het toe daar gevoel die Here sit sy hand op my. Hy het vir my gesê: “Jy moet gereedmaak en na die vallei gaan. Ek sal daar met jou praat.”

23. Ek het gereedgemaak en na die vallei gegaan, en daar sien ek toe weer die lig wat om die Koning, die Here, is. Dit was soos ek dit gesien het langs die Kebar-kanaal. Ek het op my gesig geval.

24. En toe kom die Gees in my en Hy laat my op my voete staan en Hy sê vir my: “Gaan sluit jouself toe in jou huis.

25. En jy, mens, luister na wat Ek sê: Die mense sal jou vasbind met toue sodat jy nie by hulle kan kom nie.

26. Ek laat ook jou tong vassit bo in jou mond sodat jy nie kan praat nie en nie met hulle kan raas nie, want hulle is ’n opstandige volk.

27. Maar wanneer Ek met jou praat, dan sal Ek jou mond weer oopmaak, en dan moet jy vir hulle sê wat Ek, die Here, sê. Die mense wat wil luister, sal luister, en die mense wat nie wil luister nie, sal nie luister nie, want hulle is ’n opstandige volk.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 3