Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 23:40-45 Bybel vir Almal (ABA)

40. Hulle het ook boodskappers gestuur om manne te nooi, die manne moes van ver kom. Toe die boodskapper by hulle kom, het hulle dadelik gekom. Jy, Oholiba, het gebad en jy het verf aan jou oë gesmeer en jy het jou juwele aangesit.

41. Jy het gaan sit op ’n baie mooi bed, en jy het ’n tafel voor die bed gesit. Op die tafel het jy my wierook en my olyf-olie gesit.

42. Daar was ’n klomp mense in die stad, en hulle was oor niks bekommerd nie. Saam met hulle almal was daar ook die manne wat uit die woestyn gekom het. Hulle was dronk en hulle het armbande aan Oholiba se arms gesit en ’n mooi kransie op haar kop.

43. Ek het gedink: Sy is moeg van egbreuk pleeg, wil sy nou aanhou om ontrou te wees?

44. Maar hulle het na haar toe gekom soos manne wat na ’n prostituut toe kom. Dit is hoe hulle gekom het na Ohola en Oholiba toe, die slegte vroue.

45. Manne wat reg doen, moet hierdie vroue oordeel. Hulle moet hulle oordeel soos mense vroue oordeel wanneer hulle egbreuk gepleeg het en mense vermoor het. Want hierdie twee vroue het egbreuk gepleeg en hulle het mense vermoor.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 23