Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 18:22-32 Bybel vir Almal (ABA)

22. Ek sal nie daaraan dink dat hy opstandig was nie. Hy sal aanhou lewe omdat hy reg gedoen het.”

23. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek wil glad nie hê dat die persoon wat verkeerd doen, moet sterf nie, Ek wil hê hy moet sy lewe verander sodat hy kan aanhou lewe.

24. “En wanneer iemand wat altyd reg gedoen het, ophou om reg te doen en hy doen verkeerd, dan sal hy nie aanhou lewe nie, want hy doen die dinge wat Ek haat, die dinge wat die mense doen wat altyd verkeerd doen. Ek sal nie dink aan alles wat hy gedoen het wat reg was nie. Hy was ontrou en hy het sonde gedoen, daarom sal hy sterf.

25. Julle sê Ek doen nie reg nie. Luister, volk Israel, is dit Ék wat nie reg doen nie of is dit júlle wat nie reg doen nie? Dit is júlle wat nie reg doen nie!

26. Wanneer iemand wat altyd reg gelewe het, ophou om reg te lewe en hy doen verkeerde dinge, dan sal hy daaroor sterf. Hy sal sterf omdat hy verkeerd gedoen het.

27. En wanneer iemand wat altyd verkeerd gedoen het, ophou om verkeerd te doen en hy doen reg, dan red hy sy eie lewe.

28. Hy het gesien wat kan gebeur en hy het opgehou om opstandig te wees, daarom sal hy lewe, dit is seker. Hy sal nie sterf nie.

29. Maar die volk Israel sê Ek doen nie reg nie. Hoekom sê julle so? Mense van Israel, dit is nie Ék wat verkeerd doen nie, dit is júlle wat nie reg doen nie!

30. Daarom sal Ek elkeen van julle oordeel oor wat hy gedoen het. Julle moet julle lewe verander en julle moet ophou om opstandig te wees. As julle dit nie doen nie, dan sal julle sonde soos ’n klip wees, en julle sal daaroor val.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

31. Julle moet ophou om opstandig te wees, julle moet ’n nuwe hart en ’n nuwe gees kry. Mense van Israel, hoekom wil julle sterf?

32. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek wil nie hê dat mense moet sterf nie, Ek wil hê hulle moet hulle lewe verander sodat hulle kan aanhou lewe.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 18