Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 17:20-24 Bybel vir Almal (ABA)

20. Ek sal my vangnet oor hom gooi en Ek sal hom na Babel bring. Daar sal Ek hom straf omdat hy My verraai het.

21. Die vyande sal al sy soldate doodmaak wat saam met hom vlug, en hulle sal die mense wat oorbly, na al die kante toe jaag. Julle sal weet dat Ek gepraat het, Ek, die Here.”

22. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal self die boonste stukkie van die sederboom neem en Ek sal dit plant. Ek sal ’n klein takkie van sy boonste punt afbreek en Ek sal dit plant op ’n hoë en belangrike berg.

23. Ek sal die takkie plant op die hoë berg van Israel, en die plant sal takke kry en vrugte dra. Dit sal ’n groot en belangrike sederboom word. Al die voëls sal onder die boom kom sit, alles wat vlieg, sal kom sit in die skaduwee van sy takke.

24. Al die bome in die veld sal weet dat Ek die Here is wat groot bome klein maak en wat klein boompies groot maak. Hulle sal weet dat Ek die Here is wat groen bome droog laat word en wat droë bome weer groen laat word. Ek, die Here, het gepraat, en Ek sal dit doen.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 17