Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 16:8-17 Bybel vir Almal (ABA)

8. Toe Ek by jou kom en Ek sien jy is nou ’n jongmeisie wat kan trou, het Ek my bo-kleed oor jou gegooi en Ek het jou toegemaak. Ek het belowe Ek sal aan jou behoort en Ek het ’n verbond gemaak met jou.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.“Jy het Myne geword.

9. Ek het jou gebad, Ek het die bloed van jou afgewas en Ek het jou lyf met olyf-olie gesmeer.

10. Ek het vir jou mooi bont klere aangetrek en skoene van sagte vel. Ek het jou toegemaak met linne en sy.

11. Ek het vir jou mooi juwele aangesit: armbande en kettinkies om jou nek,

12. ringe aan jou neus en jou ore, en ’n mooi kransie op jou kop.

13. Jy kon goud en silwer aan jou klere vaswerk, jy kon klere dra van linne en sy en mooi bont materiaal. Jy kon brood van die beste koringmeel en heuning en olyf-olie eet. Jy het baie baie mooi geword, so mooi dat jy ’n koningin kon wees.

14. Al die volke het geweet dat jy mooi is. Niemand anders was so mooi soos jy nie. Ek het jou so mooi gemaak.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

15. “Maar toe dink jy dat jy enige iets kan doen omdat jy mooi is. Almal het jou geken, en jy het ’n slegte vrou geword. Jy het jouself gegee vir enige iemand wat by jou kom, en jy het by hom geslaap.

16. Jy het van jou klere geneem en jy het dit gebruik om vir jou mooi bont offer-plekke te maak waar jy ander gode kon dien. Niemand anders het dit voorheen gedoen nie en niemand anders sal dit weer doen nie.

17. Jy het jou juwele geneem, die goud en silwer wat Ek vir jou gegee het, en jy het daarvan vir jou beelde van mans gemaak, jy het ander gode met daardie beelde gedien.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 16