Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 16:12-28 Bybel vir Almal (ABA)

12. ringe aan jou neus en jou ore, en ’n mooi kransie op jou kop.

13. Jy kon goud en silwer aan jou klere vaswerk, jy kon klere dra van linne en sy en mooi bont materiaal. Jy kon brood van die beste koringmeel en heuning en olyf-olie eet. Jy het baie baie mooi geword, so mooi dat jy ’n koningin kon wees.

14. Al die volke het geweet dat jy mooi is. Niemand anders was so mooi soos jy nie. Ek het jou so mooi gemaak.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

15. “Maar toe dink jy dat jy enige iets kan doen omdat jy mooi is. Almal het jou geken, en jy het ’n slegte vrou geword. Jy het jouself gegee vir enige iemand wat by jou kom, en jy het by hom geslaap.

16. Jy het van jou klere geneem en jy het dit gebruik om vir jou mooi bont offer-plekke te maak waar jy ander gode kon dien. Niemand anders het dit voorheen gedoen nie en niemand anders sal dit weer doen nie.

17. Jy het jou juwele geneem, die goud en silwer wat Ek vir jou gegee het, en jy het daarvan vir jou beelde van mans gemaak, jy het ander gode met daardie beelde gedien.

18. Jy het jou mooi bont klere geneem en jy het dit vir die beelde aangetrek. Ek moes die olyf-olie en die wierook kry, maar jy het dit voor die beelde neergesit.

19. Ek het vir jou brood van die beste koringmeel, olyf-olie en heuning gegee om te eet, en jy het dit vir die ander gode ge-offer sodat hulle kon ruik hoe lekker dit is. Dit is wat jy gedoen het.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

20. “Jy het seuns en dogters vir My gekry, maar jy het hulle geneem en jy het hulle ge-offer sodat die ander gode offer-etes kon eet. Jy het ander gode gedien, maar jy wou nog meer vir hulle doen.

21. Jy het ook my kinders geslag en jy het hulle vir die ander gode verbrand.

22. Jy het al hierdie dinge gedoen wat Ek haat, jy het ontrou geword en jy het nie die tyd onthou toe jy kaal was en nie klere gehad het nie, daardie tyd toe jy in jou bloed gelê en rondrol het.

23. Jy het al die slegte dinge gedoen, daarom sal dit sleg gaan met jou, baie sleg.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

24. “Jy het vir jou offer-plekke gebou oral waar daar plek was.

25. Jy het offer-plekke gebou by elke plek waar die paaie bymekaarkom. Jy was mooi, maar jy het jou mooi liggaam gebruik om dinge te doen wat Ek haat. Jy was soos ’n prostituut wat haar bene oopmaak vir elkeen wat verbykom. Jy het nie opgehou om ander gode te dien nie.

26. Jy het ander gode gedien saam met die Egiptenaars, hulle wat altyd lus was om by jou te slaap. Jy het baie gehou van hulle, jy het aangehou om ontrou te wees en My seer te maak.

27. En toe het Ek besluit om jou te straf. Ek het nie meer vir jou alles gegee wat jy moes kry nie. Ek het gesê jou vyande, die Filistyne, kan doen met jou wat hulle wil. En hulle was ook skaam oor jou slegte lewe.

28. Jy het ander gode gedien saam met die Assiriërs, jy wou nie ophou nie. Jy het ander gode gedien saam met hulle en jy wou dit meer en meer doen.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 16