Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 11:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Gees het my opgetel en gebring tot by die poort oos van die tempel, die poort wat by die oostekant is. Daar was 25 mans by die ingang van die poort. Ek het vir Jaäsanja seun van Assur en vir Pelatja seun van Benaja tussen hulle gesien. Hulle was leiers van die volk.

2. Die Here het vir my gesê: “Mens, hierdie manne is die manne wat verkeerde planne maak en wat vir die mense in hierdie stad sê watter slegte dinge hulle moet doen.

3. Hulle sê: ‘Ander mense moenie hier huise bou nie. Die stad is die pot en ons is die vleis wat in die pot moet wees, net ons.’

4. Daarom, mens, jy moet vir hulle sê wat Ek sê, jy moet dit sê.”

5. Toe kom die Gees van die Here in my en Hy sê vir my: “Jy moet vir hulle sê dat die Here sê: Volk Israel, dit is wat julle gesê het. Ek weet wat julle dink.

6. Julle het baie mense in hierdie stad vermoor, julle het die strate vol lyke gemaak.”

7. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Julle het dit gedoen, julle het die mense in die stad vermoor. Daarom is húlle die vleis, en die stad is die pot. Maar vir júlle sal Ek uit die stad uitgooi.

8. Julle was bang vir oorlog, en nou sal Ek oorlog oor julle bring.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

9. “Ek sal julle uit die stad uitgooi. Ek sal ander volke bring om oorlog te maak teen julle en Ek sal hulle laat wen. Ek sal julle straf.

10. Julle sal op die grens van die land Israel in die oorlog sterf. Ek sal julle straf, en julle sal weet dat Ek die Here is.

11. Die stad sal nie vir julle die pot wees en julle sal nie die vleis in die pot wees nie. Ek sal julle straf op die grens van die land Israel.

12. Dan sal julle weet dat Ek die Here is. Julle het nie gelewe soos Ek gesê het nie en julle het nie gedoen wat Ek wou hê nie, julle het gedoen wat die heidene wou hê, die heidene wat rondom julle woon.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 11