Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 1:22-27 Bybel vir Almal (ABA)

22. Bokant die diere was ’n hemeldak. Die hemeldak het gelyk soos ys. Ek het bang geword toe ek dit sien. Die hemeldak was bokant hulle koppe en dit was hard en styf.

23. Onder die hemeldak was die diere. Die boonste vlerke van elke dier was oop, en elke vlerk het geraak aan die vlerk van die dier langs hom. Met die ander twee vlerke het elke dier sy lyf toegemaak.

24. Ek het gehoor hoe raas die vlerke van die diere. Dit was soos wanneer baie water raas, soos wanneer die Almagtige praat, soos wanneer baie mense bymekaar is, soos wanneer soldate raas. Wanneer die diere gaan staan het, dan het hulle die vlerke laat sak.

25. Iemand het gepraat bokant die hemeldak, bokant die diere se koppe. Wanneer die diere gaan staan het, dan het hulle hulle vlerke laat sak.

26. Bokant die hemeldak wat bokant die diere se koppe was, was daar iets wat gelyk het soos saffierklip. Dit het gelyk soos ’n troon, en hoog bo-op die troon was daar iets wat gelyk het soos ’n mens.

27. Iets het gelyk soos sy heupe, en bokant die heupe het dit vir my gelyk soos blink metaal, soos vuur, en om die vuur was ’n rand. Onderkant die heupe het dit vir my gelyk soos vuur, en om die vuur was lig.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 1