Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 9:14-28 Bybel vir Almal (ABA)

14. As jy nie die Israeliete laat gaan nie, dan sal Ek nou jou en jou amptenare en jou volk nog baie swaarder straf. Dan sal jy weet daar is niemand op die hele aarde wat soos Ek is nie.

15. Ek kan jou en jou volk nou so siek maak dat julle almal sal sterf.

16. Maar Ek laat jou nog lewe. Ek doen dit sodat jy kan sien hoe sterk Ek is, en sodat almal op die aarde my Naam kan eer.

17. Jy dink jy regeer oor my volk en jy wil hulle nie laat gaan nie.

18. Ek sal môre baie hael stuur. Dit het nog nooit in Egipte so baie gehael nie, van die begin af tot vandag toe.

19. Jy moet nou jou bokke en jou ander diere na ’n veilige plek neem, ook al jou goed wat buite in die veld is. Die hael sal val op al die mense en diere in die veld, op almal wat nie onder ’n dak is nie. Die hael sal hulle doodslaan.”

20. Die farao se amptenare wat geluister het na wat die Here gesê het, het hulle slawe en diere na die huise en die stalle gebring.

21. Maar ander amptenare het nie gedoen wat die Here gesê het nie. Hulle het hulle slawe en hulle diere buite laat bly.

22. Die Here sê toe vir Moses: “Steek jou hand op in die lug, dan sal daar hael val oor die hele Egipte, oor al die mense en diere, oor al die plante in Egipte.”

23. Moses het sy kierie opgesteek in die lug. Die Here het donderweer en hael gestuur, en die weerlig het op die aarde geslaan. Die Here het baie hael laat val op Egipte.

24. Dit het baie gehael, en die weerlig het na al die kante toe geslaan. Daar was nog nooit so baie weerlig en hael in die hele Egipte nie, vandat daar mense woon.

25. Die hael het alles in Egipte plat geslaan, alles wat in die veld was, ook al die mense en diere. Die hael het al die plante in die veld plat geslaan, en dit het al die bome in die veld stukkend geslaan.

26. Maar in die land Gosen waar die Israeliete gewoon het, het dit nie gehael nie.

27. Die farao het vir Moses en Aäron laat roep en hy het vir hulle gesê: “Ek besef nou ek het ’n fout gemaak. Die Here was reg, en ek en my volk is verkeerd.

28. Julle moet tot die Here bid. Die vreeslike donderweer en die hael laat ons baie swaar kry. Julle mag nou weggaan. Ek sal julle nie langer hier hou nie.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 9