Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 7:18-25 Bybel vir Almal (ABA)

18. Die visse in die Nyl-rivier sal vrek, en die rivier sal stink. Die Egiptenaars sal nie die rivier se water kan drink nie.’ ”

19. Die Here het ook vir Moses gesê: “Sê vir Aäron: ‘Vat jou kierie en steek jou hand uit oor die Egiptenaars se water, oor al die plekke waar daar water is. Die water sal in bloed verander. Al die water in Egipte sal bloed wees, ook die water in die houtbakke en die water in die klipbakke.’ ”

20. Moses en Aäron het gedoen wat die Here gesê het. Aäron het sy kierie opgelig waar die farao en sy amptenare dit kon sien. Hy het op die water in die Nyl-rivier geslaan, en al die water in die rivier het in bloed verander.

21. Die visse in die Nyl-rivier het gevrek en die rivier het gestink. Die Egiptenaars kon nie die Nyl-rivier se water drink nie. Al die water in Egipte was bloed.

22. Maar die towenaars van Egipte het dieselfde gedoen, en die farao het hardkoppig gebly. Hy het nie na Moses en Aäron geluister nie. Dit het gebeur soos die Here gesê het.

23. Die farao het omgedraai en hy het na sy huis gegaan. Hy het nog nie geluister nie.

24. Al die Egiptenaars het langs die rivier gate gegrawe om water te kry om te drink, want hulle kon nie die Nyl-rivier se water drink nie.

25. Nadat die Here die Nyl-rivier se water in bloed verander het, was daar sewe dae lank nie water nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 7