Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 6:8-22 Bybel vir Almal (ABA)

8. Moses het dit alles vir die Israeliete gaan sê, maar hulle het nie na Moses geluister nie, want hulle was moedeloos oor die swaar werk wat hulle moes doen.

9. Die Here het met Moses gepraat en gesê:

10. “Gaan praat met die farao, die koning van Egipte. Sê vir hom hy moet die Israeliete laat gaan uit sy land.”

11. Maar Moses het vir die Here gesê: “Die Israeliete luister nie na my nie, die farao sal ook nie na my luister nie. Ek praat baie moeilik.”

12. Maar die Here het met Moses en Aäron gepraat en Hy het hulle na die Israeliete toe gestuur, en na die farao toe, die koning van Egipte. Die Here het vir Moses en Aäron gesê hulle moet die Israeliete uit Egipte bring.

13. Hier is die name van die leiers van die families. Jakob se oudste seun was Ruben. Ruben se seuns was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi. Dit was die Ruben-familie.

14. Simeon se seuns was Jemuel, Jamin, Ohad, Jakin en Saul. Saul was die seun van ’n Kanaänitiese vrou. Dit was die Simeon-familie.

15. Die name van Levi se seuns was Gerson, Kehat en Merari. Levi het 137 jaar oud geword.

16. Gerson se seuns was Libni en Simi.

17. Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het 133 jaar oud geword.

18. Merari se seuns was Magli en Musi. Dit was Levi se nageslag.

19. Amram het getrou met Jogebed, sy tante, en hulle het twee seuns gehad: Aäron en Moses. Amram het 137 jaar oud geword.

20. Jishar se seuns was Korag, Nefeg en Sikri.

21. Ussiël se seuns was Misael, Elsafan en Sitri.

22. Aäron het getrou met Eliseba. Sy was Amminadab se dogter en Nagson se suster. Aäron en Eliseba het vier seuns gehad: Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 6