Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 6:6-11 Bybel vir Almal (ABA)

6. Ek sal julle vir My neem. Julle sal my volk wees, en Ek sal vir julle ’n God wees. Dan sal julle weet dat Ek, die Here, julle God is wat julle vrygemaak het van die swaar werk in Egipte.

7. Ek het vir Abraham, Isak en Jakob belowe dat Ek vir hulle ’n land sal gee. Ek sal julle na daardie land neem en Ek sal dit vir julle gee. Dit sal julle land wees. Ek is die Here.’ ”

8. Moses het dit alles vir die Israeliete gaan sê, maar hulle het nie na Moses geluister nie, want hulle was moedeloos oor die swaar werk wat hulle moes doen.

9. Die Here het met Moses gepraat en gesê:

10. “Gaan praat met die farao, die koning van Egipte. Sê vir hom hy moet die Israeliete laat gaan uit sy land.”

11. Maar Moses het vir die Here gesê: “Die Israeliete luister nie na my nie, die farao sal ook nie na my luister nie. Ek praat baie moeilik.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 6