Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 38:22-31 Bybel vir Almal (ABA)

22. Besaleël was die seun van Uri, en Uri was die seun van Gur. Besaleël was van die Juda-stam. Besaleël het alles gemaak wat die Here vir Moses gesê het.

23. Saam met hom het Oholiab gewerk. Oholiab was die seun van Agisamak van die Dan-stam. Hy was ’n ambagsman en hy kon planne teken en het blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal geweef.

24. Hulle het 29 talente en 730 tempel-sikkels goud gebruik om die tempel te maak.

25. Hulle het die silwer gekry toe hulle die Israeliete getel het. Dit was 100 talente en 1 775 tempel-sikkels silwer.

26. Elke man wat 20 jaar of ouer as 20 jaar was, moes ’n halwe tempel-sikkel silwer gee. Daar was 603 550 mans.

27. Die ambagsmanne het 100 talente silwer gebruik om die tempel-tent se voetstukke en die gordyn se voetstukke te maak. Hulle het 100 voetstukke gemaak. Hulle het een talent silwer vir elke voetstuk gebruik.

28. Daar het 1 775 tempel-sikkels silwer oorgebly. Hulle het dit gebruik om die hake vir die pale te maak. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer en hulle het dit aan mekaar vasgemaak.

29. Hulle het 70 talente en 2 400 tempel-sikkels brons gekry van die brons wat die mense gebring het.

30. Hulle het dit gebruik om die voetstukke te maak vir die pale by die ingang van die tent waar die tien gebooie was, en ook om die brons altaar en die brons tralies te maak wat om die altaar was, en alles wat by die altaar moes wees,

31. ook die voetstukke van die pale rondom die oop stuk grond, die voetstukke by die ingang van die oop stuk grond, en al die penne vir die tempel-tent en vir die gordyne rondom die oop stuk grond.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 38