Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 35:9-22 Bybel vir Almal (ABA)

9. Of hulle moet oniks en ander edelstene bring om vas te sit op die priester se skouer-kleed en borssak.

10. “Al die ambagsmanne moet kom en hulle moet alles maak wat die Here gesê het:

11. die tempel-tent en die seil wat bo-oor kom, sy hakies en sy rame, sy dwarspale, sy pale en sy voetstukke,

12. die kis, sy dra-pale, die deksel en die gordyn waaragter die kis staan,

13. die tafel en sy dra-pale en alles wat by hom moet wees, die offer-brood,

14. die lampstaander en alles wat by hom moet wees, sy lampe en die olyf-olie vir die lampe,

15. die wierook-altaar en sy dra-pale, die salf-olie, die wierook en die gordyn in die ingang waar die mense by die tempel-tent ingaan,

16. die brandoffer-altaar en die brons tralies wat rondom die altaar is, sy dra-pale en alles wat by hom moet wees, die was-skottel en sy voetstuk,

17. die gordyne om die oop stuk grond, hulle pale en hulle voetstukke, en die gordyn in die ingang na die oop stuk grond,

18. die penne vir die tempel-tent, die penne vir die oop stuk grond en hulle toue,

19. die klere wat die priesters aantrek wanneer hulle in die tempel werk, die gewyde klere vir die priester Aäron, en sy seuns se klere wanneer hulle die priesters se werk moet doen.”

20. Al die Israeliete het weggegaan van Moses,

21. en elkeen wat graag iets wou gee, het ’n present vir die Here gebring. Dit was goed wat hulle kon gebruik om die tent en die gewyde klere te maak.

22. Die mans en vroue wat graag iets wou gee, het borsspelde gebring, ook oor-ringe, armbande en nekringe, en baie soorte goue goed. Elkeen wat ’n beweeg-offer van goud vir die Here wou gee, het dit gebring.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 35