Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 35:20-26 Bybel vir Almal (ABA)

20. Al die Israeliete het weggegaan van Moses,

21. en elkeen wat graag iets wou gee, het ’n present vir die Here gebring. Dit was goed wat hulle kon gebruik om die tent en die gewyde klere te maak.

22. Die mans en vroue wat graag iets wou gee, het borsspelde gebring, ook oor-ringe, armbande en nekringe, en baie soorte goue goed. Elkeen wat ’n beweeg-offer van goud vir die Here wou gee, het dit gebring.

23. En elkeen wat blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal en bokhaar-materiaal gehad het, het dit gebring, ook skaapvelle wat hulle rooi gekleur het en velle wat hulle sag gemaak het.

24. Elkeen wat ’n present van silwer of brons wou gee, het dit vir die Here gebring, en elkeen wat doringhout by hom gehad het vir al die werk, het dit gebring.

25. Elke vrou wat netjies kon weef, het geweef, en sy het die goed gebring wat sy geweef het: blou, pers en rooi wol-materiaal, en linne-materiaal.

26. Al die vroue wat dit graag wou doen, het baie mooi bokhaar-materiaal geweef.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 35