Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 34:30-35 Bybel vir Almal (ABA)

30. Aäron en al die Israeliete het gesien dat Moses se gesig blink, en hulle was bang om naby hom te kom.

31. Maar Moses het hulle geroep, en Aäron en al die leiers van die volk het na hom toe gekom. Moses het met hulle gepraat.

32. Daarna het al die ander Israeliete ook nader gekom, en Moses het vir hulle alles gesê wat die Here met hom op Sinai-berg gepraat het.

33. Toe Moses klaar met hulle gepraat het, het hy sy gesig toegemaak met ’n sluier.

34. Maar elke maal wanneer Moses na die tent gegaan het om met die Here te praat, dan het hy die sluier afgehaal, totdat hy weer uitgekom het. Dan het hy vir die Israeliete vertel wat die Here vir hom gesê het.

35. Die Israeliete het dan gesien dat Moses se gesig blink, en Moses het sy gesig met die sluier toegemaak totdat hy weer met die Here gaan praat.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 34