Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 15:21-27 Bybel vir Almal (ABA)

21. Mirjam het vir hulle gesê: “Sing vir die Here, want Hy is die Groot God. Hy het die perde en die manne wat op hulle ry, in die see gegooi.”

22. Moses en die Israeliete het weggegaan van die Riet-see. Hulle het in die Sur-woestyn gekom. Hulle het drie dae lank geloop, verder in die woestyn in, en hulle het nie water gekry nie.

23. Toe kom hulle by die plek Mara, maar hulle kon nie die water daar drink nie, want dit was bitter. Dit is hoekom hulle die plek Mara genoem het.

24. Die Israeliete kom toe na Moses toe en vra vir hom: “Wat moet ons drink?”

25. Moses het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het vir hom ’n stuk hout gewys. Moses het dit op die water gegooi, en die water het soet geword. Die Here wou kyk of die Israeliete gehoorsaam sal bly aan Hom. Hy het vir hulle wette gegee

26. en gesê: “Julle moet goed luister na wat Ek sê. Ek is julle God die Here. Julle moet doen wat Ek wil hê. Julle moet gehoorsaam wees aan my wette. Dan sal Ek julle nie siek maak soos Ek die Egiptenaars siek gemaak het nie, want Ek is die Here wat julle gesond maak.”

27. Die Israeliete het toe by Elim gekom. Daar was 12 fonteine en 70 palmbome. Hulle het daar by die water hulle tente opgeslaan.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 15