Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 15:19-25 Bybel vir Almal (ABA)

19. Ja, toe die farao se perde en oorlogkarre en die manne daarop in die see ingegaan het, het die Here die see se water laat terugkom oor hulle, maar die Israeliete het op die grond deur die see gegaan.

20. Moses se suster, Mirjam, was ’n profeet. Sy het ’n tamboeryn in haar hand geneem. Al die vroue het ook tamboeryne geneem en hulle het haar gevolg. Hulle het gedans.

21. Mirjam het vir hulle gesê: “Sing vir die Here, want Hy is die Groot God. Hy het die perde en die manne wat op hulle ry, in die see gegooi.”

22. Moses en die Israeliete het weggegaan van die Riet-see. Hulle het in die Sur-woestyn gekom. Hulle het drie dae lank geloop, verder in die woestyn in, en hulle het nie water gekry nie.

23. Toe kom hulle by die plek Mara, maar hulle kon nie die water daar drink nie, want dit was bitter. Dit is hoekom hulle die plek Mara genoem het.

24. Die Israeliete kom toe na Moses toe en vra vir hom: “Wat moet ons drink?”

25. Moses het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het vir hom ’n stuk hout gewys. Moses het dit op die water gegooi, en die water het soet geword. Die Here wou kyk of die Israeliete gehoorsaam sal bly aan Hom. Hy het vir hulle wette gegee

Lees volledige hoofstuk Eksodus 15