Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 6:9-17 Bybel vir Almal (ABA)

9. en wanneer julle uitgaan en ingaan by die deure van julle huise en julle poorte.

10. “Julle God die Here sal julle bring na die land wat Hy belowe het vir julle voorvaders, Hy het dit belowe vir Abraham, Isak en Jakob. Hy sal vir julle groot en mooi stede gee wat julle nie gebou het nie.

11. Hy sal vir julle ook huise vol goed gee wat julle nie bymekaargemaak het nie, watergate wat julle nie self uit die klip gekap het nie, wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie. Wanneer julle genoeg het van alles,

12. dan moet julle versigtig wees dat julle nie die Here vergeet nie. Julle was slawe in die land Egipte, maar die Here het julle uit Egipte gebring.

13. Julle moet julle God die Here eer en dien, en wanneer julle iets belowe, dan moet julle net sý Naam noem, Hy moet die getuie wees.

14. Julle moenie ander gode dien nie, julle moenie die gode van ander volke rondom julle dien nie.

15. Want julle God die Here is by julle, Hy wil hê julle moet net vir Hom dien. As julle ook aan ander gode wil behoort, dan sal die Here kwaad word vir julle en Hy sal julle laat verdwyn van die aarde.

16. Julle moenie julle God die Here toets en Hom kwaad maak nie, julle het dit gedoen by Massa.

17. Julle moet doen wat die wette van julle God die Here sê,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 6